2024 gaan warmste jaar op rekord wees: Copernicus-verslag
‘n Verslag deur wetenskaplikes van die Europese Unie se Copernicus-klimaatsveranderingsdiens dui aan 2024 sal heel waarskynlik 2023 oortref as die warmste jaar wêreldwyd. Volgens Reuters oorskry die planeet se temperatuur nou die voor-nywerheidsgemiddeld met meer as 1,5-grade Celsius, wat ‘n kritieke mylpaal is. Fossielbrandstowwe se koolstofuitstralings is steeds die grootste drywer van stygende temperature. Die wetenskaplikes dring aan op versnelde klimaataksie te midde van die toenemende uiterste weersomstandighede. COP29 vind vanaf 11 tot 22 November in Baku, Azerbeidjan, plaas.