Scholz moet onmiddellik wantroue-stem hou

Duitsland se opposisie-konserwatiewes sê kanselier Olaf Scholz moet onmiddellik ‘n wantroue-stem hou en dan verkiesings in Januarie hou. Dit kom nadat Scholz se drieparty-koalisie ineengestort het en die land in politieke chaos gedompel het. Scholz het sy finansminister Christian Lindner afgedank as gevolg van beleidsgeskille. Scholz, van die sentrum-linkse Sosiaal-Demokrate sê hy het hom afgedank omdat hy sy plan om die skuldperk weer op te skort teengestaan het om meer fondse vir die Oekraïne en die ekonomie in te samel.