So het voedselpryse gestyg

Inflasie het verder gedaal na 3 persent in Oktober maar voedselpryse het steeds, op ‘n jaargrondslag, gestyg. Vrugte is nou 16,3 persent duurder met koffie en tee wat met 9,6 persent op is. Suiker-produkte is 6,8 persent duurder en vleis 5,9 persent. Groente jaag jou 5,5 persent meer uit die sak en olies en vette, 4,6 persent. Brood en grane is 3,9 persent duurder en vis, 2,7 persent. Suiwel en eiers is op met 2 persent.