Napha help met olifant skiet in konsessies
Die omgewing-ministerie is besig om wilde diere te jag in parke en gemeenskaplike gebiede, om vleis te voorsien aan diegene wat deur die ernstige droogte geraak word. As deel van hierdie droogtehulp sou 15 olifante in spesifieke gebiede van kant gemaak word, insluitend een wat as ‘n trofeedier aangewys sou word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Axel Cramer, president van die professionele jagtersvereniging Napha, oor die jag van die olifante en of hulle betrokke is.