Emma Theofelus haal top Afrika-lys

Namibië se jongste minister, en die jongste op die vasteland, Emma Theofelus sal môre op die Britse uitsaaier, die BBC, se ‘100 Women – Her Stories: An African First’ program verskyn. Theofelus is op die ouderdom van 23 as Adjunkminister van Inligting deur President Hage Geingob aangestel. Sy het in Maart verlede jaar ook internasionaal hooflyne gemaak as die jongste persoon om ‘n land se amptelike Covid kommunikasie sentrum te beheer, en is ook verlede jaar ingesluit in die lys van die 100 mees invloedryke vroue in Afrika.