Krumhuk pionier biodinamiese boerdery
Biodinamiese boerdery, ‘n holistiese benadering tot landbou, kry wêreldwyd toenemende erkenning. Dit beklemtoon die onderlinge verbondenheid van alle lewende organismes, insluitend die grond, plante, diere en mense. Deur in harmonie met die natuur te werk, beoog biodinamiese boere om volhoubare en regeneratiewe landboustelsels te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ulf Voigts, ‘n biodinamiese boer op die plaas Krumhuk, wat sê hy kry hoë-kwaliteit produkte weens die boerdery-metode.