Verstappen vat Sao Paolo
Max Verstappen van Red Bull het ʼn verstommende terugkeer uit die 17de wegspringplek gemaak om die Sao Paulo Grand Prix te wen. Esteban Ocon en Pierre Gasly was onderskeidelik tweede en derde om twee podiumplekke vir Alpine te verseker. Verstappen se wêreldkampioenskap-teenstander van McLaren, Lando Norris wat in die eerste plek weggespring het, het sesde geëindig. Hy is nou 62 punte agter die Nederlander met 86 punte beskikbaar in die laaste drie wedrenne. Verstappen sê dis ʼn emosionele oorwinning: