Nabta vra steeds vir subsidies met huidige brandstofprys

Die brandstofprys bly onveranderd in November, meestal te danke aan ‘n redelik bestendige olieprys in die voorafgaande maand. Die energieministerie het gesê die 6 sent onderverhaling vir petrol en 18 sent vir diesel sal deur die fonds geabsorbeer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, wat sê hulle het steeds hulp nodig, soos subsidies, om pendelaars te kan vervoer.