Nampol sê 92 voetgangers dood, 696 beseer in 9 maande

Die Namibiese polisie sê hy het kommer oor die hoë getalle voetgangers wat in ongelukke betrokke is. Vanaf 1 Januarie tot 30 September vanjaar is 92 voetgangers dood regoor die land. Oshana het die hoogste syfer op 15. Daar was 696 voetgangers wat in ongelukke beseer is in dieselfde tydperk met Khomas wat eerste geplaas is op 313. Die mag sê bestuurders moet hul ligte in die dag aanhou en versigtig bestuur waar daar voetgangers is, terwyl voetgangers net wettige oorsteek plekke moet gebruik.