TB-gevalle neem internasionaal toe, Indië loop meeste deur

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê ‘n rekord 8,2-miljoen nuwe gevalle van tuberkulose is verlede jaar wêreldwyd gediagnoseer, die hoogste syfer sedert daar in 1995 wêreldwyd met die monitor van TB begin is. Die aantal TB-verwante sterftes het van 1,32-miljoen in 2022 tot 1,25-miljoen verlede jaar gedaal. Nie alle nuwe gevalle word egter gediagnoseer nie, en die WGO skat ongeveer 10,8-miljoen mense het verlede jaar werklik die siekte opgedoen. Indië, Indonesië, China, Filippyne en Pakistan het meer as die helfte van die wêreldwye TB-gevalle en meer as ‘n kwart van die gevalle word in Indië alleen aangetref.