Harris, Trump skarrel om laaste kiesers te oortuig
Met ses dae oor voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, het beide Kamala Harris en Donald Trump in die swaaistaat Noord-Carolina byeenkomste toegespreek. Harris was in die stad Raleigh, waar sy verskeie beleidspunte herhaal het, en beroepe gedoen het op eerstekeer-kiesers en “jong leiers” van Amerika, wat volgens haar “ongeduldig” is vir verandering. Hier praat sy oor Trump:
Donald Trump was in Rocky Mount en het eerste gepraat oor immigrante en toe die regering gekritiseer oor sy hantering van die grens met Meksiko. Daarna het hy oor Harris gepraat: