Groei vanjaar 3,6%, volgende jaar 5,4%: Shiimi

Finansminister Ipumbu Shiimi kon uiteindelik die middeltermyn begroting in die Nasionale Vergadering ter tafel lê, nadat daar twee dae agtermekaar nie ‘n kworum was om dit te kon doen nie. Shiimi sê die tema van hierdie begroting is “Gee om vir die Namibiese kind” wat dr. Hage Geingob se nalatenskap voortsit, maar dit is in die skadu wat die droogte oor lewensbestaan ​​en ekonomiese aktiwiteite werp. Shiimi sê ekonomiese groei is op 3,6 persent vanjaar geraam, voordat dit verbeter tot 5,4 persent in 2025.