Onstellende toename in hut-bewoners, wys sensus

‘n Verstommende 40,2 persent van Namibië se stedelike bevolking het verlede jaar in informele wonings, of hutte gewoon, teenoor 27,2 persent in 2011. Dit is volgens die hoof-sensusverslag wat deur statistikus-generaal Alex Shimuafeni bekendgestel is. Altesaam 488 000 Namibiërs ontvang een of ander vorm van toelae, terwyl 177 000 uit 206 000, of 86 persent, van Namibiërs van 60 jaar en ouer ouderdomstoelaes ontvang. Namibië se volwasse geletterdheidsyfer, dit is vir persone van 15 jaar en ouer, het gedaal van 89 persent in 2011 tot 87,3 persent in 2023.