Natau kan protesteer oor Gonzo, ons het regte ding gedoen – TransNamib
TransNamib sê hy dra kennis van die beplande vreedsame betoging vanmiddag deur die Natau-vakbond teen die heraanstelling van die Webster Gonzo, die bestuurder van menslike kapitaal by die firma. Hy sê hy respekteer die vakbond se regte in die verband maar voeg by dat uitvoerende aanstellings gegrond is op deeglike oorsigte, en beklemtoon dat stabiliteit deurslaggewend is terwyl die maatskappy voorberei vir groot beleggings. Kosmos 94.1 Nuus het met Abigail Raubenheimer, skakelbeampte gepraat.