Agra vaar redelik goed in ‘n moeilike jaar

Agra het verskeie uitdagings in die gesig gestaar in die finansiële jaar wat op 31 Julie vanjaar geëindig het, het, met die belangrikste die langdurige droogte wat steeds die landbou beïnvloed. Agra het desnieteenstaande ‘n toename van 8,3 persent in totale omset aangeteken, van 2 459 miljoen Namibiese dollar in die 2022/23-boekjaar tot 2 662 miljoen dollar in die 2023/24-boekjaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Philip Maass, Agra se Algemene Bestuurder van Finansies, wat meer inligting gee oor hul finansiële verslag.