SA maak vordering om van gryslys te kom

Die DA verwelkom die Finansiële Aksietaakmag se aankondiging dat Suid-Afrika aansienlike vordering gemaak het om probleme op te los wat gelei het tot insluiting by die gryslys. Die land het 37 van 39 kriteria afgemerk wat die taakmag moes hanteer vir sy volgende hersiening in 2026/2027. Wendy Alexander van die DA sê hulle het lank reeds ‘n beroep gedoen vir daadwerklike optrede om van die gryslys afgehaal te word, want dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika gesien word as veilig vir beleggings.