Botswana stem Woensdag

Botswana hou Woensdag ‘n algemene verkiesing met president Mokgweetsi Masisi wat teen drie uitdagers sal meeding vir ‘n tweede termyn. Kenners meen ‘n verdeelde opposisie gee ‘n voordeel aan Masisi se Botswana Demokratiese Party wat sedert sy onafhanklikheid van Brittanje in 1966 die land van 2,3 miljoen mense regeer het. Botswana het stabiliteit en relatiewe welvaart geniet danksy sy diamantrykdom en klein bevolking, wat gratis gesondheidsorg en onderwys kry. Maar ‘n afswaai in die diamantmark het die afgelope paar jaar ‘n knou op inkomste geplaas, en die land het gesukkel om sy ekonomie te diversifiseer. Teenstanders sê die BDP is te lank aan bewind en beskuldig hom van ekonomiese wanbestuur en korrupsie, wat hy ontken.