Etosha se paaie: NWR sê ministerie doen sy beste

Die toestand van die Etosha Nasionale Park se paaie is weer in die nuus. Rohl’s Tours and Safaris gaan vanaf 1 Desember nie meer toere na die park neem in hul eie voertuie nie, weens voortdurende skade en herstelkoste. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala, die woordvoerder van NWR gepraat wat sê hulle kry ook gereeld klagtes maar die ministerie poog om die probleem op te los.