KI-skyfies onttroon Apple

Nvidia het Apple die naweek onttroon as die wêreld se waardevolste maatskappy, na ‘n rekordlopie in sy aandele, aangevuur deur die onversadigbare vraag na sy gespesialiseerde kunsmatige intelligensie-skyfies. Nvidia se waarde op die aandelebeurs was ‘n rukkie lank 3,53 triljoen Amerikaanse dollar, effens hoër as Apple se 3,52 triljoen dollar, volgens data van die Londense Aandelebeursgroep. Die skyfiemaker van Silicon Valley is die grootste van verwerkers wat gebruik word in kunsmatige intelligensie-rekenaarwese. Die maatskappy het die grootste wenner geword in die mededinging tussen die Microsoft-, Alphabet- en Meta-platforms en ander swaargewigte wat dié ontluikende tegnologie oorheers.