Namcor wil groter aandeel in eksplorasieblokke hê 

Namibië se nasionale olie maatskappy, Namcor, het planne om sy belang in die land se eksplorasieblokke te vergroot van die huidige 10 persent tot 80 persent  in die volgende 15 jaar. Die waarnemende besturende direkteur Ebson Uanguta het die maatskappy se strategiese plan bekend gemaak en sê Namcor moet ‘n aktiewe operateur word en die eksplorasie self doen en verskuif van passiewe deelnemer tot ‘n aktiewe rolspeler.