ANC is verbind tot demokrasie

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee se subkomitee vir Vrede en Sekerheid sê hy is verbind tot die behoud van demokratiese beginsels. Die voorsitter Polly Boshielo het op ‘n nuuskonferensie die party se standpunt teen korrupsie beklemtoon deur indiwidue aanspreeklik te hou. Sy loof die Spesiale Ondersoekeenheid vir die herwinning van gesteelde staatsgeld en die uitroei van korrupsie, en herbevestig die ANC sal nie toegewings maak oor integriteit nie: