Shivambu sê EFF het geweet hy waai

Die voormalige adjunkpresident van die EFF Floyd Shivambu het in ‘n potgooi onthul die meeste van die EFF-leiers, behalwe Julius Malema, het geweet van sy beplande aansluiting by die MK-party, lank voor dit openbaar gemaak is. Shivambu beweer die leiers het hom gesmeek om nie Malema in te lig oor wat hulle geweet het nie. Hy sê hy was agter die konsep van die EFF se struktuur, die naam, die leierskaptitels en die manifes: