Sperdatum vir verbruikerswet verleng, publiek is apaties

Die handelministerie het die sperdatum vir openbare terugvoer oor die Konsep Verbruikersbeskermingswetsontwerp verleng tot 25 November. Die verlenging het ten doel om breër deelname aan te moedig, om te verseker dat die wetsontwerp ten volle in ooreenstemming is met Namibië se Nasionale Verbruikersbeskermingsbeleid. Die ministerie doen ‘n beroep op individue en organisasies om by te dra deur hul kommentaar en navrae aan aangewese amptenare by die Verbruikersbeskermingskantoor voor te lê. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elijah Mukubonda, die ministerie se hoofinligtingsbeampte, wat meer inligting gee.