Wenslys vir môre se begroting bekend

Burgerlike organisasies het hulle wenslys vir môre se middeltermyn begroting bekend gemaak na konsultasies. Ondersteuning vir die land se informele sektor sowel as kleinsake is as uiters belangrik beklemtoon. Besteding aan kapitaalprojekte moet doelgerig wees en langtermynwaarde hê. Die organisasies het ook gevra vir wyer toegang tot sanitêre doekies sowel as die gratis verskaffing daarvan in skole. Die bekamping van korrusie en befondsing wat geslagsresponsief is het ook onder die loep gekom.