Akker lei Bulle na naelskraapse oorwinning

Die Springbok-haker Akker van der Merwe se verdoelde drie laat in die wedstryd het gisteraand die Bulle ‘n oorwinning van 17-15 teen Benetton besorg in hulle Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting in Treviso in Italië. Benetton het heeltyd voorgeloop maar Van der Merwe het dit reggekry om die telling gelykop te maak. Die heelagter David Kriel het kop gehou en die doelskop was in die kol vir die sege op die nippertjie. Die Bulle is steeds die beste Suid-Afrikaanse konsessie in die VRK en behou hulle tweede plek op die punteleer.