Winde, swaar reën en koue oor SA die naweek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ‘n lente-afsnylaag sal van vandag tot Dinsdag swaar weer veroorsaak. Stormsterk wind word oor die Kaapse provinsies verwag, met sterk wind in Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Swaar reën kan oorstromings veroorsaak, terwyl kusstreke branders met ʼn deining van tot ses meter kan verwag. Temperature sal van môre af aansienlik daal. Die Weerdiens vra waaksaamheid op belangrike roetes.