NSA gaan proef-opname gebruik vir voorbereiding

Die Namibiese Statistieke Agentskap het aangekondig dat die 2025/2026-proef Namibië Huishoudelike Inkomste- en Uitgawes-opname-veldwerk, wat op 30 September begin het, op 20 Oktober suksesvol afgehandel is. Die proefopname het ten doel gehad om hul gereedheid te toets vir die hoof-opname, wat vanaf Maart 2025 sal begin. Die agentskap stel Namibiërs in kennis dat daar nie meer veldpersoneel hul huishoudings sal besoek vir opname data-insameling nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se korporatiewe kommunikasiebestuurder, wat verduidelik wat nou met die data gebeur.