Ronwen Williams benoem vir drie CAF-toekennings

Sokker: Die kaptein van Bafana Bafana, Ronwen Williams, is in drie kategorieë benoem vir die 2024 Konfederasie van Afrikasokker-toekennings. Hy is benoem as Speler van die Jaar, Doelwagter van die Jaar en Interklub Speler van die Jaar. Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, is intussen as Afrigter van die Jaar benoem. Bafana Bafana is benoem as Nasionale Span van die Jaar en Mamelodi Sundowns as Klubspan van die Jaar. Williams is na sy indrukwekkende seisoen ook vir die Tashin-trofee benoem by die Ballon D’Or-toekennings.