Duurder vliegkaartjies beïnvloed dalk plaaslike toerisme

Die gemiddelde kamerbesettingskoers het in die derde kwartaal tot 63,46 persent gedaal, van 64,84 persent in dieselfde tydperk verlede jaar en 64,74 persent in 2019. Die sentrale- en kus-dele het die grootste daling getoon, terwyl besettingskoerse in die Noorde gestyg het, moontlik aangedryf deur hernieude belangstelling in landelike toerisme en verbeterde infrastruktuur. Daar is verskeie faktore wat ‘n rol in die gemiddelde laer syfers speel, soos stygende reiskoste en strenger visumregulasies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidvereniging van Namibië, wat haar siening gee.