Gebruik openbare vervoer, sê Stad Johannesburg

Die Stad Johannesburg moedig motoriste aan om Rea Vaya en Gautrein as die koste-doeltreffendste, betroubaarste, veiligste en groenste vervoer te gebruik. Die stad se woordvoerder, Virgil James, sê die gebruik van openbare vervoer sal regstreeks bydra tot die vermindering van verkeersopeenhopings en koolstofdioksied-uitstralings, en brandstofkoste bespaar. Hy sê talle stede verbeter hulle openbare vervoerstelsels om in die behoeftes van pendelaars te voorsien en die afhanklikheid van privaat voertuie te ontmoedig.