Kanse van hittebeperking van 1,5°C is feitlik nul

Die omgewingsliggaam van die Verenigde Nasies sê met inagneming van huidige neigings, is die moontlikheid om aardverwarming tot 1,5-grade Celsius te beperk, feitlik nul. Vanjaar se Emission Gap Report bevind kweekhuisgasse in 2023 is die hoogste op rekord. Die ontleding bevind die huidige trajek in koolstofvrystellings plaas die wêreld op koers om moontlik hierdie eeu met ʼn katastrofiese 3,1-grade Celsius te verwarm. Die verslag vra nasies om hulle tot laer vrystellings te verbind. Lande moet ingevolge die Paryse Ooreenkoms voor 2025 nuwe ondernemings voorlê om koolstof te besnoei.