Vandag is Pienk Vrydag

Dis vandag Pienk Vrydag wat deur die Kankervereniging van Namibië gereël word. Dit het ten doel om bewustheid oor borskanker en die waarde van jaarlikse kliniese toetse en roetine-selfondersoeke te verhoog. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die stigma wat borskanker ervaar.