GNU vergader weer vir geskiloplossing

Adjunkpresident Paulus Mashatile het die tweede vergadering van die regering van nasionale eenheid se geskiloplossings-meganisme saamgeroep. Dit is ʼn platform wat president Cyril Ramaphosa geskep het om beleidsverskille en enige ander geskille in die regering van nasionale eenheid met sy tien lede op te los. Mashatile se woordvoerder, Keith Khoza, sê daar is ooreengekom dat die Sekretariaat die standpunte moet verenig, die opdragte moet uitbrei, en dat verdere beraadslaging oor die BELA-wet moet voortgaan: