Verspreidingsnetwerk pooitjie energie-doelwitte

Die Elektrisiteitsbeheerraad se slimnetwerk-beleid van 2019 bepaal dat Namibië ten doel het om die gebruik van hernubare energie te verhoog om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Energieminister Tom Alweendo het gepraat oor die land se energiedoelwitte om visie 2030 te bereik by die 9de uitgawe van die Namibië Elektrisiteitsvoorsieningsbedryf-forum in Otjiwarongo. Die vergadering was gesentreer rondom die gebruik van KI-gedrewe slim oplossings om elektrisiteitstoegang, bekostigbaarheid en nutsdienste se volhoubaarheid te verbeter. Volgens Alweendo is die verspreidingsnetwerk ‘n groot probleem.