Kolisi skuif na nommer 8 vir Haaie teen Munster
Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, begin Saterdag in die nommer 8-trui vir die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Munster in Durban. Afrigter John Plumtree het hom van steelkantflank na agsteman verskuif in die plek van Phepsi Buthelezi, wat op die bank begin, met James Venter en Vincent Tshituka die flanke. In die agterlyn vervang Grant Williams sy mede-Springbok, Jaden Hendrikse, op nommer nege. Die Bok-slot Eben Etzebeth sal die span op Kingspark aanvoer.