Niks kom van belofte oor Etosha se paaie

Rohl’s Tours and Safaris het die Etosha Nasionale Park in kennis gestel dat hulle vanaf 1 Desember nie meer toere na die park sal neem in hul eie voertuie nie, weens die slegte toestand van die paaie. Die maatskappy sê op sy Facebook hulle voertuie asook busse en gehuurde motors breek en val uitmekaar weens die swak paaie. Hy sê diegene wat die park bestuur het die nasie en die toerismebedryf in die steek gelaat. Dit kom net ‘n week na Teofilus Nghitila, die uitvoerende direkteur van omgewing, bosbou en toerisme, belowe het om die toestand van die Etosha-paaie binne ‘n week te verbeter. Dit was in reaksie op ander toerisme-operateurs en besoekers wat gekla het oor onder meer band-lekke en skade aan uitlaatspruitstukke. Luister weer na Nghitila.