Harris reageer op Trump se ‘Hitler-liefde’

Kamala Harris het ‘n verrassingstoespraak by haar woning in Washington DC gelewer in ‘n poging om kiesers te oortuig dat Donald Trump gevaarliker as ooit in ‘n tweede termyn sal wees. Dit kom ná Trump onlangs sy politieke teenstanders beskryf het as “die vyand van binne” en in die openbaar oorweeg het om die weermag agter hulle aan te stuur. Trump se voormalige stafhoof, John Kelly het in ‘n onderhoud met die New York Times gesê dat Trump vir hom gesê het: “Jy weet, Hitler het ook goeie dinge gedoen”. Trump het ook gesê hy wens hy het generaals soos Hitler gehad. Luister self na Harris.