SA regering ‘moet in klimaat-bestande infrastruktuur belê’

Cosatu doen ʼn beroep op die regering om in klimaat-bestande infrastruktuur te belê omdat gevaarlike weerstoestande al meer voorkom. Honderde mense is na veiligheid geneem ná swaar reën en oorstromings in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap. KwaZulu-Natal en Mpumalanga loop ook deur onder gure weerstoestande. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die regering is roekeloos omdat hy elke keer verras word en onvoorbereid is wanneer weerverwante voorvalle plaasvind.