Bangladesj het voorsprong van 81 lopies teen Proteas

Krieket: Bangladesj het ‘n voorsprong van 81 lopies ná die derde dag van die eerste toets teen Suid-Afrika in Mirpur. Die gashere het ‘n eerstebeurt-agterstand van 202 lopies gehad, maar Mehidy Hasan Miraz het vasgeskop met ‘n onoorwonne 87, terwyl Jaker Ali 58 lopies en Mahmudal Hasan Joy 40 bygedra het. Bangladesj hervat môre hul tweede beurt op 283 vir sewe nadat Kagiso Rabada vier paaltjies en Keshav Maharaj drie laat kantel het.