Koste van mediese fonds styg met 38% in vyf jaar
High Economic Intelligence het ontleding van privaat gesondheidsversekering gedoen. Die makelaarsfirma sê daar was verlede jaar ongeveer 90 800 hooflede, 111 162 afhanklikes en 13 721 pensioenarisse op die stelsel. In die eerste kwartaal van vanjaar het die gemiddelde bydrae per lid op 6 999 Namibiese dollar ingekom, ‘n sprong van 38,07 persent vanaf die einde van 2018 en amper 11 persent hoër as aan die einde van verlede jaar. Die gemiddelde eise per begunstigde het tot 5 943 dollar gestyg, byna 50 persent hoër as dit van die eerste kwartaal van 2018. Die firma sê die neigings in kostes en eise sal die langtermyn prestasie van mediese fondse kan bepaal.