Betaal eers jou werkers, dan eis jy by NamRA, volgende jaar

Daar is verwarring oor die belastingverligting wat in Oktober in die staatskoerant gepubliseer is. Die finansminister Ipumbu Shiimi het werkgewers opdrag gegee om eers werkers terug te betaal en indien die belasting oorbetaal is, dit dan by NamRA te eis. Die agentskap se kommissaris, Sam Shivute, sê hy kan eers aan die einde van die finansiële jaar geld terugbetaal. Hy verduidelik.