Stembrief-tender bly in die nuus

Die bohaai oor Ren-Form se verkryging van die stembrieftender kring steeds uit. Verskeie politieke partye het kommer oor die omstrede maatskappy, en die deursigtigheid van die verkrygingsproses. Die Verkiesingskommissie ontken ten sterkste dat die toekenning van die tender korrup was. Dit het ook alle politieke partye genooi om die produksie, verpakking en vervoer van stembriewe waar te neem. Reaksie is ontvang van die IPC se voorsitter, Brian Black.