Namibië woon COP29 by

Namibië het amper 1,8 miljoen Namibiese dollar ontvang om sy deelname aan COP29 te ondersteun. Die Omgewing Beleggingsfonds het ‘n miljoen dollar geskenk met Bank Windhoek wat 300 000 dollar bewillig het en Climate Fund Managers, 100 000 dollar. Namibië sukkel met hitte en droogtes as gevolg van klimatsverandering wat die ekonomie en welstand van landsburgers direk raak. COP29 vind vanaf 11 tot 22 November in Baku, Azerbeidjan plaas.