Hoë misdaad, swak ekonomie sluit 9 000 ondernemings in Johannesburg

Die Johannesburgse Kamer van Handel en Nywerheid sê meer as 9 000 ondernemings in die stad het vanjaar gesluit. Dit is hoofsaaklik te wyte aan die hoë misdaadsyfer en finansiële druk weens die sukkelende ekonomie. Volgens sekerheidskenners word ondernemings met waardevolle bates soos nywerheidstoerusting en kragopwekkers toenemend deur misdaadsindikate geteiken. Die president van die kamer, Connie Mashaba, sê daar is ‘n dringende behoefte aan vernuwing. Sy sê die wydverspreide onsekerheid benadeel plaaslike ondernemings.