Will Zalatoris op pad na Nedbank-uitdaagtoernooi

Gholf: Die Amerikaner Will Zalatoris gaan van 5 tot 8 Desember die eerste keer aan die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City deelneem. Die 28-jarige PGA-toer-kampioen sluit aan by sy landgenoot, die verdedigende kampioen, Max Homa, in die DP World-toernooi. Zalatoris moes in 2022 onttrek weens ‘n besering. Hy het vanjaar onder die voorste tien spelers geëindig in die Meesterstoernooi en is 59ste op die wêreldranglys nadat hy vanjaar twee keer op die PGA-toer onder die voorste vyf klaargemaak het.