Alcaraz het net lof vir Rafa

Die Spanjaarde Rafael Nadal en Carlos Alcaraz sal vandag vir oulaas teen mekaar speel in die halfeindstryd van die Six Kings Slam-vertoonbyeenkoms in Riaad, Saoedi-Arabië. Nadal, wat 22 Grand Slam-titels op sy kerfstok het, het verlede week aangekondig hy sal volgende maand na die Davisbeker-eindstryd in Malaga uittree. Alcaraz het met 6-4, 6-2 gewen teen Holger Rune van Denemarke, en so ‘n kragmeting teen die 38-jarige Nadal verseker. Alcaraz sê Nadal is ‘n baie belangrike mens in sy lewe: