Vele Aussie politici weier om Charles, Camilla te ontmoet

Die een senior Australiese politikus na die ander weier om koning Charles en koningin Camilla te ontmoet tydens hul staatsbesoek wat Vrydag begin. Die jongste om ‘n uitnodiging na ‘n onthaal Maandag in Canberra van die hand te wys is die premier van Victoria, Jacinta Allan, asook die premier van Queensland, Steven Miles, en die premier van Suid-Australië, Peter Malinauskas. Volgens Sky News blameer ander hulle werkslading vir hulle afwesigheid. Die reis Doer Onder is Charles en Camilla se eerste sedert hy in 2022 koning geword het.