Inwoners van Botswana kan Saterdag in Namibië stem
Die Botswana-regering herinner alle landsburgers in Namibië dat hulle Saterdag, 19 Oktober plaaslik kan stem. Die land stem op 30 Oktober. Die stembus is by die land se hoë kommissariaat by 101 Nelson Mandela-weg. Burgers kan vanaf agt-uur die oggend tot vyf-uur namiddag hulle stemme uitbring. ‘n Geldige ID-kaart sowel as ‘n kiesersregistrasie-kaart is nodig om te stem.