Leeus derde op VRK-punteleer, Bulle vierde

Rugby: Die Leeus het van die sesde tot die derde plek opgeskuif op die punteleer van die Verenigde Rugbykampioenskap met hulle derde oorwinning van die seisoen gister in Wallis. Die Johannesburgse span het die Dragons op Rodney Parade 23-19 geklop en is nou net agter Leinster en Glasgow Warriors wat albei een wedstryd meer gespeel het. Die Bulle het tot die vierde plek verbeter nadat hulle Ospreys geklop het terwyl die Haaie tans in die 14de plek is en die Stormers 16de nadat hulle die naweek weer verloor het.