EFF ‘sal nie rus’ tot Cyril vir Phala Phala vervolg word

Die EFF is ontsteld oor die besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag om president Cyril Ramaphosa nie oor die Phala Phala-plaasskandaal te vervolg nie. Hulle beweer staatsinstellings beskerm Ramaphosa teen geregtigheid. EFF-woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê ernstige misdaad is gepleeg insluitend buitelandse valuta wat nie verklaar is nie en die misbruik van staatshulpbronne.